Instandhouding by Eskom in die soeklig

Die Suid-Afrikaanse Energie-ontwikkelingsinstituut beklemtoon die belangrikheid daarvan om voorkeur te gee aan instandhouding by Eskom se kragstasies, as die eerste stap om ʼn oplossing te vind vir die voortslepende kragkrisis. ʼn Woordvoerder van die instituut, Sampson Mamphweli, bepleit ‘n deeglike evaluering van kragstasies, met inagneming van ʼn moontlike afsluiting en die vernuwing van hierdie eenhede. Sy standpunt volg terwyl die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, hierdie week verskeie kragstasies besoek. Mamphweli sê om in onderhoud te belê is ‘n volhoubare oplossing vir die kragkrisis: