Insette vir twee nuwe standaarde deur NSI aangevra
Die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, soek openbare insette oor twee konsepstandaarde: een vir gereed-om-te-eet vleisprodukte en nog een vir die bemarking en kommersiële gehaltebeheer van verwerkte pluimveevleis. Die sperdatum vir die indien van kommentaar of besware, met stawende redes, is 16 Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jekonia Haufiku, die hoofbestuurder van standaardontwikkeling.