Insetkoste styg weer vir boere

Volgens die tweede kwartaal agri-oorsig van die Nasionale Landbou-unie het agri-inflasie in die tweede kwartaal met 6,75 persent gestyg, veel hoër as die 0,66 persent styging in dieselfde kwartaal verlede jaar. Hierdie verandering is aangedryf deur verskeie sleutelverhogings. Elektrisiteitspryse het in die tweede kwartaal met 11 persent gestyg, na die 2 persent verhoging in die tweede kwartaal verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Leigh-Anne Nehoya, die NLU se landbou-ekonoom, wat meer inligting gee.