Insekveevoer-maatskappy in SA vestig oorsee

Die produsent van insekgebaseerde veevoeroplossings, Maltento, brei uit na Brittanje en die Europese Unie. Die Kaapstadse maatskappy het sy produksievermoë vergroot en is drie jaar gelede gesertifiseer om na die EU uit te voer. Maltento beplan om bestanddele met ʼn hoë proteïeninhoud aan verskaffers van voer vir wilde voëls en troeteldierkosmaatskappye regoor hierdie gebiede te verskaf. Uitvoerende hoof, Dean Smorenburg, beklemtoon hierdie uitbreiding is ‘n belangrike mylpaal. Maltento gebruik larwes van swart soldaatvlieë, wat uit 45-persent proteïene en 27-persent vet bestaan en gebruik brouersgraan as voer vir sy insekte.