Inligtingsministerie wil gemeenskapsmedia beleidsraamwerk finaliseer

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het gesê sy ministerie is besig om die  gemeenskapsmedia beleidsraamwerk binne die huidige boekjaar te finaliseer wat die ontwikkeling van gemeenskapsmedia in die land versterk. Mushelenga het by die herdenking van die Wêreldpersvryheidsdag gesê die raamwerk sal veral gemeenskapsradio versterk, wat gemeenskappe op voetsoolvlak sal bemagtig. Hy het bygevoeg dat, aangesien toegang tot inligting een van die hoekstene van vryheid is, die ministerie gaan verseker dat die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting in die parlement aanvaar sal word.