Inligting steeds skraps oor verkeer-ontwrigting in hoofstad

Die daaglikse inligtingsessie van die inligtingsministerie is Woensdagmiddag gekanselleer en dus is daar steeds geen inligting oor watter roetes vanaf môre in die hoofstad geraak sal wees nie. Bronne by die Stadspolisie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die militêreparade wat môre plaasvind wel hoofroetes sal raak, deur die hoofstad met Onafhanklikheidsrylaan wat gebruik sal word. Die parade sal ook deur Katutura en Khomasdal beweeg sowel as woonbuurte soos Hochlandpark en Pionierspark. Saterdag se verrigtinge vind in die middag by Onafhanklikheidstadion plaas met Helde-akker wat Sondagoggend aan die beurt kom. Roetes vanaf Hosea Kutako Internasionale Lughawe, sowel as Eros-lughawe sal ook geraak word, tot Maandag en moontlik Dinsdag ook. Daar word verwag dat ‘n aankondiging vanmiddag in die verband gemaak sal word.