Inligting- en kommunikasietegnologie-beleid word verfyn

Die regering is besig om die 2009 inligting- en kommunikasietegnologie-beleid te hersien en dit te konsolideer in ‘n nasionale beleid. Tegniese bystand is van die Internasionale Telekommunikasie-unie verkry en vergaderings is met belanghebbendes gehou, wat uitgeloop het op ‘n konsep-nasionale IKT-beleid. Die kommunikasietegnologie-ministerie beplan om ‘n werkswinkel by die Kubata City Hotel in Windhoek aan te bied wat daarop gemik is om insette te versamel, en die konsep-nasionale beleid te bekragtig en te verfyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Shoki Kandjimi, gepraat wat meer inligting oor die werkswinkel gee.