Inkomstediens val rond met Phala Phala-skandaal

Die African Transformation Movement sê hy veroordeel die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se rondvallery, selektiewe geregtigheid en toesmeerdery in president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaasskandaal. Dit volg nadat die inkomstediens ʼn strafregtelike saak teen die Soedannese sakeman Hazim Mustafa aanhangig gemaak het. Hy het in Desember 2019 10,82 miljoen Suid-Afrikaanse rand kontant betaal vir 20 buffels van Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo. Die geld is in 2020 op die plaas gesteel. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die inkomstediens het nagelaat om ʼn klag teen die president in te dien: