Inheemse kennis by jagkurrikulums ingesluit

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of Napha, onderskryf die Jagters Ondersteun Onderwys-program, ‘n projek wat daarop gemik is om inheemse ekologiese kennis in plaaslike kurrikulums te integreer. Tydens ‘n Napha media-sessie in die hoofstad het Isabelle Fourie, ‘n vryskut jagter en deelnemer aan die program, aan Kosmos 94.1 Nuus die doel van die program verduidelik.