Inheemse Aussies ‘soek hul grond terug’

Die senator in die Australiese parlement wat op koning Charles geskree het hy is nie Australië se koning nie en hulle het volksmoord teen die mense van Australië gepleeg, was in gesprek met SkyNews. Lidia Thorpe is die eerste inheemse vrou van die staat Victoria wat ‘n senator geword het. Sy het geweier om ‘n eed van getrouheid aan die troon af te lê toe sy ingehuldig is. Sy het ook vroeër betoog toe die koninklikes ‘n krans by ‘n oorlogsgedenkteken gelê het. Sy het aan SkyNews gesê haar mense wil hul gesteelde grond terughê.