Ingrypings by spazawinkels begin

Die Departement van Kleinsakeontwikkeling in die buurland en die regering stel ‘n township en landelike ekonomiese beleid op om spazawinkels te reguleer na gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Tydens ‘n debat in die Parlement het politieke partye beklemtoon die stap is nie xenofobies nie, en gevra winkels wat nie voldoen aan standaarde nie moet sluit. Minister Stella Ndabeni-Abrahams het bevestig daar word gewerk aan ingrypings, samesprekings en regulasies vir mikro-ondernemings: