Infrastruktuur-projekte in Kunene vorder

Kunene-goewerneur Marius Sheyahet in sy staatsrede op Opuwo infrastruktuurontwikkeling uitgelig as ‘n sleutelkomponent in die stimulering van welvaart, die bevordering van ekonomiese insluiting en die skep van werksgeleenthede. Hy het verslag gedoen oor verskillende projekte wat in die streek voltooi is. Behalwe vir ‘n aantal boorgate wat opgestel of hernu is, is daar ook vordering gemaak met water-infrastruktuur. Sheya is aan die woord.