Infrastruktuur-agterstand in SA wek kommer

Die vakbond-federasie Saftu sê daar is ʼn agterstand met infrastruktuur in die openbare sektor in Suid-Afrika. Daar is ernstige tekorte by regeringsinstellings soos skole, hospitale en klinieke. Saftu waarsku dat om aankope van infrastruktuur te bevries, sal pogings om hierdie agterstand aan te spreek nadelig beïnvloed. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê die ernstige gebrek aan infrastruktuur weens besuiniging en korrupsie veroorsaak oorbevolking in klaskamers by skole, ‘n gebrek aan ablusiegeriewe in sommige skole, sowel as ‘n gebrek aan biblioteke in meer as 15 000 skole.