Informelehandel: Uitvoere die groter meerderheid

Die Namibiese Statistieke-agentskap, in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram het die vyfde Informele Oorgrenshandelsopname se uitslae bekend gemaak. Vier grensposte, Oshikango, Katima Mulilo, Omahene en Sarasungu is ondersoek. Totale handel het 10,3 miljoen Namibiese dollar beloop, af met 46,8 persent van die 19,4 miljoen dollar wat in September 2019 aangeteken is. Uitvoere het die grootste deel van die totale handel uitgemaak teen 88,5 persent of 9,1 miljoen dollar vergeleke met invoere van 1,2 miljoen dollar. Oshikango het die hoogste uitvoer- en invoerwaardes aangeteken.