Informele sektor is nie monolities nie, eerder multi-dimensioneel

Die informele sektor is vandag en môre onder die loep in die hoofstad. Die sektor se omvang is onbekende maar daar word beraam dat 56 persent van Namibiese werkers daarin betrokke is en dat dit teen 5 persent jaarliks groei omdat daar nie werksgeleenthede is nie. Die sektor betaal ook nie belasting nie. Die arbeidsminister Utoni Nujoma sê die sektor sluit ‘n uiteenlopende reeks aktiwiteite in, van straatverkope tot kleinskaalse landbou. Die groot uitdaging is arbeidsregte, maatskaplike beskerming, en ekonomiese stabiliteit.