Informele nedersettings kry hoëmasligte, elektrisiteit
Die Stad Windhoek het ‘n projek begin om hoëmasligte in informele nedersettings te installeer, teen ‘n totale koste van 14,2 miljoen Namibiese dollar. Stedelike en Landelike Ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, het die projek tydens ‘n sooispit-seremonie aangekondig. In die eerste fase sal vyf hoëmasligte naby die Havana-stortingsterrein geïnstalleer word vir 2,8 miljoen dollar. Dit sluit kragtoevoer na alle terreine in en sal teen einde Julie voltooi wees. Uutoni sê 105 uit 162 huishoudings naby die Havana-stortingsterrein het reeds krag gekry. Die tweede fase sal fokus op die elektrifisering en installering van hoëmasligte in Okahandja Park, Kilimandjaro-Okuryangava, en Havana Uitbreiding 1. Dit sal na verwagting teen einde Augustus voltooi wees.