Inflasiekoers viralkohol, tabak verlangsaam

Die inflasiekoers vir alkoholiese drank en tabak het in Maart met 0,1 persent maand-tot-maand gedaal tot 6,8 persent. Op ‘n jaargrondslag het dit met 6,9 persent gestyg, vergeleke met die 7,4 persent wat in Maart 2023 gemeet is. Die verlangsaming in die inflasie was hoofsaaklik weens ‘n stadige styging in die prysvlakke van wit spiritualië, van 28,3 persent tot 6,3 persent. Die pryse van vonkelwyne en sjampanjes het ook sgtadiger gestyg teen 2,6 persent, teenoor 8,2 persent ‘n jaar gelede. Die jaarlikse inflasiekoers vir tabak het gestyg tot 6,4 persent, vergeleke met 4,8 persent ‘n jaar gelede. Pyptabak het met 1,8 persent gestyg, in vergelyking met ‘n styging van 11,5 persent in Maart verlede jaar.