Inflasiekoers vir alkohol, tabak verlangsaam

Die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank en tabak was 6,6 persent in Mei, vergeleke met 7,5 persent ‘n jaar gelede. Op ‘n maandgrondslag was dit 0,1 persent, teenoor 1,1 persent in April. Die inflasiekoers vir alkoholiese drankies was 6,5 persent, vergeleke met 8,4 persent in Mei verlede jaar. Dit was weens die pryse van wit spiritualië wat 4,3 persent gestyg het, teenoor 25,7 persent in Mei verlede jaar, en die van vonkelwyne en sjampanje wat 0,2 persent hoër was, vergeleke met 11 persent verlede jaar. Die inflasiekoers vir tabak het met 6,8 persent gestyg vergeleke met 3,5 persent in Mei verlede jaar. Die pryskoers van pyptabak het van 3,4 persent verlede jaar gestyg tot 12,4 persent in Mei.