Inflasiekoers sak effe, bring verligting

Die Namibië Statistieke Agentskap se jongste verslag oor die Namibië Verbruikersprysindeks, meld dat die jaarlikse inflasiekoers gedurende November vanjaar op 5.7 persent gestaan het vergeleke met 7 persent wat in November 2022 gesien is. Namibië se jaarlikse inflasiekoers het op 6 persent gestaan vir Oktober vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Iipumbu Sackaria, die woordvoerder van die NSA, gepraat.