Inflasie vir Mei is op, aangedryf deur kospryse

Inflasie-syfers vir Mei is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is op 6,3 persent gemeet teenoor 6,1 persent in April, en 5,4 persent in Mei verlede jaar. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het met 12,5 persent gestyg, gevolg deur drank en tabak wat met 7,5 persent duurder geword het en die twee kategorieë het die meeste bygedra. Inflasie was hoër in Sone 1, die noordelike dele sowel as in Sone 3, die Suide, Erongo en Omaheke wat albei op 6,3 ingekom het. Sone 2, Khomas, het inflasie van 6,1 persent gemeet. Die verbruikersitems vir die maand toon dat sonneblomolie duurste in Khomas was, en so ook bruinbrood.