Inflasie vir alkohol, tabak val skerp
Die jongste Verbruikersprys-indeks berig dat die alkoholiese drank en tabakkategorie in Augustus ‘n inflasiekoers van 4,6 persent aangeteken het, vergeleke met 7,9 persent in Augustus verlede jaar. Alkoholiese drank het ‘n jaarlikse inflasiekoers van 4,4 persent gewys, af van die 8,4 persent wat in Augustus 2023 aangeteken is. Dit word weerspieël in die inflasiekoers van whiskies, wat vanaf 7,5 persent tot 1,2 persent afgeneem het, terwyl vonkelwyne en sjampanje se inflasie gesak het tot 3,7 persent vanaf 11,8 persent. Die koers van wit spiritualië het geval vanaf 22,8 persent tot 2,3 persent.