Inflasie-syfers vertoon weer beter in Angola

Inflasie in Angola het vir die 14de agtereenvolgende maand gedaal en het in Februarie vanjaar 11,54 persent gemeet teenoor 27,28 persent wat in Februarie verlede jaar aangeteken is, en 12,6 persent wat in Januarie vanjaar gemeet is. Volgens Cirrus in die hoofstad, is die huidige vlak die  laagste sedert Augustus 2015 toe inflasie net bo 11,01 persent gestaan het. Die makelaarsfirma sê voedsel en nie-alkoholiese drankies dryf die syfer aan. Vervoer sal nie ‘n beduidende rol speel nie omdat brandstof in die buurland gesubsidieer word.