Inflasie sal wel stadiger daal soos Wêreldbank voorspel

Die Wêreldbank projekteer dat globale groei sal stabiliseer op 2,6 persent vanjaar, en in die volgende twee jaar sal styg tot 2,7 persent weens beskeie groei in handel en belegging. Globale inflasie sal afkoel maar stadiger as wat verwag is, na gemiddeld 3,5 persent vanjaar. Rentekoerse behoort hoog te bly gegewe voortgesette inflasionêre druk. Kosmos 94.1 Nuus het met die onafhanklike ekonoom Halleluya Ndimulunde gepraat, wat saamstem en ‘n blik op die Namibiese situasie gee.