Inflasie op 4,5%, onveranderd van Februarie
Die jaarlikse inflasiekoers vir Maart 2024 het op 4,5 persent ingekom, dieselfde as vir Februarie maar baie laer as Maart 2023 toe dit op 7,2 persent gestaan het. Mirjam Shihepo woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap sê die sonale inflasiekoerse vir Maart 2024 het aan die lig gebring dat sone 2, wat die Khomas-streek is, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 5,1 persent aangeteken het.