Inflasie: Khomas loop steeds deur

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê inflasie is op 4,9 persent vir Mei gemeet, effe op van die 4,8 persent wat in April aangeteken is maar veel laer as die 6,3 persent in Mei 2023. Sone 2, Khomas, het weer die hoogste inflasie aangeteken op 5,2 persent met Sone 1, die noordelike streke op 5,1 persent. Sone 3, die suidelike deel van die land, saam met Erongo en Omaheke, het die laagste inflasie behaal op net 4 persent.