Inflasie kan effe styg in April: ekonoom
Die jaarlikse inflasiekoers vir Maart was op 4,5 persent dieselfde as vir Februarie, maar baie laer as die 7,2 persent vir Maart verlede jaar. Helena Mboti, ‘n ekonoom by FNB Namibië, sê in ‘n inflasievoorspelling dat ‘n koers van 4,9 persent in April verwag word. Die opwaartse aanpassing weerspieël die brandstofprysverhogings hierdie maand. Die styging in staatsamptenare se salarisse en die belastinghervormings wat op 1 Maart in werking gestel is, speel ook ‘n rol. Mboti verduidelik.