Inflasie het in 20 jaar met 218% gestyg

Die inflasie-syfers wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gestel is, het skokkende stygings in voedselpryse blootgelê. In ‘n ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm het inflasie met 218,4 persent sedert Januarie 2002 gestyg en lewenskostes het verdriedubbel en so ook die goedere in die verbruikers mandjie. Plaaslike besteekrag het gedaal tot die punt waar 100 Namibiese dollar in Mei vanjaar gelyk is aan 31 dollar 41 sent in Januarie 2002. Intussen het die Suid-Afrikaanse rand sedert 2002 met 60,2 persent verswak wat verder bydra na die kostes in die verbruikers mandjie.