Inflasie en die werker… daar kom moeilikheid

Inflasie in Namibië sal na verwagting effens afneem, met projeksies wat ‘n daling vanaf 4,6 persent op ‘n jaargrondslag in Junie tot 4,4 persent in Julie aandui. Dit is volgens Helena Mboti, ‘n ekonoom by FNB Namibië. Daarteenoor word verwag dat inflasiedruk in die voedsel- en nie-alkoholiese drankkategorie sal toeneem en in Julie tot 4,7 persent op ‘n jaarlikse basis sal styg vanaf 4,3 persent die vorige maand. Die styging word toegeskryf aan afnemende gunstige basis-effekte en voortgesette lae uitset weens aanhoudende droogtetoestande, wat veral brood- en graanpryse beïnvloed. Reaksie is ontvang van Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner, wat probleme vir werkers voorsien.