Inflasie daal vinnig maar SA-rand kelder ons

Namibië se jaarlikse inflasiekoers neem steeds vinniger af as wat verwag is. Inflasie in die eerste helfte van die jaar was gemiddeld 4,9 persent op ‘n jaargrondslag, vergeleke met 6,5 persent op ‘n jaargrondslag in dieselfde tydperk die vorige jaar. In die tweede kwartaal het inflasie afgeneem tot 4,8 persent op ‘n jaargrondslag, af van ‘n gemiddeld van 5 persent op ‘n jaargrondslag in die eerste kwartaal en aansienlik laer as die 5,9 persent op ‘n jaargrondslag in die tweede kwartaal van 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor hoe dit die lewenskoste sal beïnvloed asook die rentekoersbesluit wat binnekort geneem sal word.