Inentingsertifikaat-chaos: Vervoer betaal weer duisende

Namibiese vragmotor-eienaars is platgeslaan toe hulle die nuus hoor dat die Suid-Afrikaanse regering nie Namibiese reisigers se inentingskaarte aanvaar nie, slegs inentingsertifikate. Die Namibiese gesondheidsministerie sê die uitreiking van digitale Covid-inentingsertifikate sal oor twee weke of dalk vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs wat na Suid-Afrika wil reis. Volgens Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, sal dit die maatskappy duisende Namibiese dollar aan PCR-toetse kos. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.