Industrieë moet ontkoolstof om EU-boetes vry te spring

Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing moet Namibië en ander Afrika-uitvoerders dringend hul koolstofintensiewe industrieë ontkoolstof om finansiële boetes onder die EU se koolstof-grensaanpassingsmeganisme te vermy. Die meganisme is in Oktober 2023 ingestel met ‘n oorgangstydperk van twee jaar en teiken koolstof-intensiewe sektore soos yster, staal, sement en aluminium, wat moontlik Namibiese uitvoere kan beïnvloed. Dit sal van Namibiese uitvoerders vereis om die koolstofvrystellings wat in hul produkte ingebed is, aan te teken en aan te meld, wat ‘n verskuiwing na lae-koolstof produksiemetodes aanmoedig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Suzie Shefeni, ‘n navorsingsgenoot by die instituut.