Indringerplante word die stryd aangesê
Die buurland se departement van bosbou, visserye en die omgewing het ‘n plan ter waarde van 2,67 miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf jaar van stapel gestuur om indringerplante hok te slaan deur die Werk vir Water-program. Hy beoog om jaarliks 38 839 werksgeleenthede te skep, met die fokus op landelike gemeenskappe. Indringerspesies bedreig bioverskeidenheid, waterbronne en lewensbestaan, wat vloede en veldbrande vererger. Minister Barbara Creecy sê die Gautengse Werk vir Water-program sal 74 781 hektaar oor vyf jaar teiken.