Indringerbos is reuse-ekonomiese geleentheid

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die 45 miljoen hektaar in die land wat indringerbos het, tot 1,5 miljard metrieke ton biomassa kan genereer, en waarvan 30 persent volhoubaar benut kan word. Pohamba sê ongeveer 2 metrieke ton biomassa word jaarliks plaaslik geoes en skep duisende werksgeleenthede. Biomassa sluit nie net produkte soos boskos en houtskool in nie maar, ook biomassa-brandstof. In sy mening is indringerbos nie alleen ‘n omgewingsuitdaging nie, dit is ook ‘n reuse-ekonomiese geleentheid.