Indiese treinramp: ‘Daar sal aanspreeklikheid wees’

Die Indiese premier, Narendra Modi, sê mense wat aanspreeklik is vir ‘n dodelike treinongeluk in Oos-Indië sal swaar gestraf word. Minstens 288 mense is dood en meer as 800 beseer in Vrydag se voorval in die Odisha-staat, waarby twee passasierstreine en ‘n goederetrein betrokke was. Reddingspogings is afgehandel, met amptenare wat sê alle vasgekeerde en beseerde passasiers is gehelp. Daar was vermoedelik ongeveer 2 000 mense op die twee passasierstreine wat in die ongeluk betrokke was.