Indiese ruimtetuig land suksesvol op die maan
‘n Indiese ruimtetuig, Chandrayaan 3, het vandag op die maan se Suidpool geland in ‘n sending wat gesien word as deurslaggewend vir maanverkenning en Indië se status as ‘n ruimte-moondheid, enkele dae nadat ‘n soortgelyke Russiese ruimtetuig neergestort het. Dit is ’n oorwinningskreet van ’n nuwe Indië, sê premier Narendra Modi, wat die Indiese vlag gewaai het terwyl hy die landing vanaf Suid-Afrika dopgehou het, waar hy die Brics-beraad bywoon het. Vedika Sud het uit Nieu-Delhi met CNN gepraat oor die suksesvolle landing.