Indiese opposisieleier twee jaar tronkstraf opgelê

Die opposisieleier in Indië, Rahul Gandhi is twee jaar gevangenisstraf opgelê, nadat hy in ‘n hof in die staat Gujarat skuldig bevind is aan laster. Gandhi het tereggestaan oor uitlatings wat hy in 2019 tydens ‘n verkiesing-saamtrek oor die eerste minister, Narendra Modi se van gemaak het. Hy het die van verbind met misdadigers met dieselfde van as die eerste minister. Hy is borgtog van 30 dae toegestaan, en sal teen die skuldigbevinding appelleer.