Indiese MotoGP vervang deur Kazakhstan
Die Indiese MotoGP wat in September gehou sou word, is gekanselleer en gaan deur Kazahkstan vervang word. Die organiseerders het bekendgemaak die wedren in Indië is geskrap weens operasionele oorwegings, maar sal vroeg in die 2025-seisoen terugkeer. Kazakhstan se beplande MotoGP volgende maand is uitgestel weens verwoestende oorstromings in die land, maar sal nou op 22 September gehou word.