Indiese man vas oor omkopery  

‘n Indiese man is in hegtenis geneem in verband met die omkoop van polisiebeamptes by die Onandjaba-nedersetting in die Okalongo-kiesafdeling in die Omusati-streek. Na bewering het die 25-jarige verdagte polisiebeamptes genader en kontant van 18 500 Namibiese dollar as omkoopgeld aangebied om ses Indiese burgers wat tans in polisie-aanhouding is, vry te laat. Die ses verdagtes is gearreste15er en in aanhouding vir die Wet op Oortreding van Immigrasiebeheer. Die geld is gekonfiskeer en sal as bewysstukke gehou word. Tydens die ondersoek is verneem dat die verdagte nie in besit is van geldige dokumente om in Namibië te wees nie. Nampol versoek die publiek om enige verdagtes aan te meld wat onwettig in Namibië is.