Indiese maansending goedkoper as ruimte-rolprente van 10 jaar terug
Indië het verlede week geskiedenis gemaak met sy suksesvolle lansering en landing van sy Chandrayaan-3 tuig op die maan, die vierde land ter wêreld om dit te behaal. Maar, die hele projek het die land ‘n skamele 74 miljoen Amerikaanse dollar gekos. Dit is meer as die helfte minder as die koste van die ruimte-rolprent Interstellar, wat amper tien jaar gelede 165 miljoen Amerikaanse dollar gekos het. In 2013, het Gravity vervaardigers 100 miljoen Amerikaanse dollar uit die sak gejaag. Dalk weet die Indiërs hoe om te bespaar?