Indië wil ook Spele in 2036 aanbied (en sy lugbesoedeling?)
Indië stel ook daarin belang om die Olimpiese Spele in 2036 aan te bied. Dit volg na die nuus dat ʼn uitvoerbaarheidstudie onder leiding van die Internasionale Olimpiese Komitee sal bepaal of Suid-Afrika gereed is om ʼn bod voor te lê. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, is ʼn kandidaat om president te word van die Internasionale Olimpiese Komitee en sê hy is verheug oor Indië se aankondiging. Maar hy waarsku die land om die Spele te organiseer is een van die mees komplekse projekte ter wêreld.