Indië se Speseryraad ondersoek plaagdoder-aantygings

Die Speseryraad van Indië se regering het fabrieksinspeksies by twee voorste ondernemings van stapel gestuur in die nasleep van ‘n buitelandse verbod ná aantygings van sommige produkte wat met plaagdoders besmet is. Indië is ‘n belangrike speseryvervaardiger wat sowat 12-persent van die wêreldwye uitvoere lewer. Die raad het begin by verwerkingsaanlegte van die gewilde vervaardigers MDH en Everest, wat saam meer as ‘n kwart van Indië se mark beheer, om te verseker hulle voldoen aan wêreldstandaarde. Albei ondernemings ontken hulle speserye hou ‘n gesondheidsgevaar in.