Indië se Covid-krisis lig ongelykheid uit

Indië se Covid-uitdagings bly in die nuus. Daar is tans voorspellings dat op die huidige tempo, sal die land ‘n miljoen sterftes teen Augustus aanteken. Amerika se voorste kenner van oordraagbare siektes, Dr Anthony Fauci, sê ‘n voldoende wêreldwye reaksie kan ‘n tragiese Covid-19 situasie in Indië verhoed. Die land se totale aantal sterftes weens die virus het die 200 000-merk verbygesteek. Die tweede vlaag het tot ‘n tekort aan hospitaalbeddens en suurstof in die meeste gebiede gelei. Fauci sê die situasie in Indië het wêreldwye ongelykhede blootgelê: