Indië ‘sal Amerika nie onderskat’ by T20-Wêreldbeker
Krieket: Indië is vandag op soek na hulle derde agtereenvolgende oorwinning op die T20-Wêreldbekertoernooi. Indië word beskou as een van die gunstelinge en sal Amerika na verwagting maklik klop. Die mede-gashede het egter ook sy eerste twee wedstryde gewen, insluitend ‘n oorwinning oor Pakistan. Vandag se wedstryd is in New York in ‘n stadion waar uitslae moeilik voorspelbaar was met baie lae tellings. Indië se boulafrigter, Paras Mhambrey, sê hulle sal Amerika nie onderskat nie.