Indië probeer weer om toetsreeks in SA te wen

Krieket: Indië gaan weer probeer om sy rekord in Suid-Afrika te verbeter wanneer hulle op SuperSport-park die eerste van twee toetse speel. Suid-Afrika is die enigste gereëlde toetskrieket-land waar Indië nog nie ‘n reeks kon wen nie. Dié wedstryde is Suid-Afrika se eerstes in die 2023-tot-2025 Wêreldkampioenskap-siklus. Dit is Indië se tweede reeks in die kampioenskap nadat hulle in Julie een kragmeting gewen en een gelykop teen Wes-Indië gespeel het. Die Welwillendheidsdag-toets in Centurion begin om 10-uur vanoggend.