Indië loop 1-0 voor in vroue eendagreeks teen SA

Krieket: Die Protea-vroue se top-kolwers het gister ineengestort, en Suid-Afrika het met 143 lopies verloor teen Indië in die aanvangs-eendagwedstryd in Bengaluru. Met ‘n wenteiken van 266, het die Proteas nooit bygehou nie en die aanvangskolwer en kaptein Laura Wolwaardt is in die eerste beurt vir ‘n nulletjie uitgehaal. Paaltjies het aanhou kantel met geen stewige vennootskappe of bydrae nie. Die dag het egter behoort aan Smriti Mandhana, wie se honderdtal Indië opgestoot het na 265 vir 8. Die tweede wedstryd van die reeks van drie word Woensdag gespeel.