Indië land op die maan
Indië se Chandrayaan-3-ruimtesending het ‘n belangrike mylpaal bereik deur ‘n onbemande tuig naby die maan se suidpool te laat land. Die afstandbeheerde landing maak Indië die vierde land in die geskiedenis om ‘n maanlanding te doen, naas Amerika, China en die Sowjet-Unie, en volg op ‘n vroeëre mislukte poging deur Rusland. Indië se premier, Narendra Modi, het tydens ‘n uitsending op die 15de Brics-beraad gesê die prestasie beklemtoon Indië se toenemende vaardigheid in ruimteverkenning en sy toewyding aan die verskuiwing van wetenskaplike grense: