Indië beveilig sy Mianmar-grens vir US$3,5 miljard

Indië beplan om byna 3,7 miljard Amerikaanse dollar te bestee om sy 1 610 kilometer poreuse grens met Mianmar binne ongeveer ‘n dekade te omhein. Nieu-Delhi het vroeër vanjaar gesê hy sal die grens omhein en ‘n dekades-oue visumvrye bewegingsbeleid beëindig. Dit is vir nasionale veiligheid en om die demografiese struktuur van sy noordoostelike streek te handhaaf.