Indië beklink toetsreekssege oor Engeland

Krieket: Indië het die reeks van vyf toetse teen Engeland beklink deur die voorlaaste wedstryd in Ranchi met vyf paaltjies te wen. Die besoekers het ‘n eerstebeurt-voorsprong van 46 lopies verkwis toe hul in hulle tweede beurt vir ‘n skamele 145 uitgeboul is. Dit het die gashere ‘n wenteiken van 192 lopies gestel, wat hulle op die vierde dag behaal het met vyf paaltjies plat. Engeland het die eerste twee toetse gewen en Indië die volgende drie. Die Indiese kolwer, Shubman Gill, sê die oorwinning beteken die wêreld vir hierdie jong span.