Indiana Jones-hoed haal N$11,3 miljoen op veiling
Die hoed wat die akteur Harrison Ford in die tweede aflewering van die Indiana Jones-filmfranchise gedra het, is vir byna ‘n halfmiljoen pond op ‘n veiling verkoop. Die bruin vilt-fedora is spesifiek gemaak vir die Temple of Doom-film en het sowat 11,3 miljoen Namibiese dollar in Los Angeles behaal. Die hoed is geskep deur die Herbert Johnson Hat Company in Londen, en die binnevoering het ‘n goue monogram van die voorletters “IJ”.