Indian Wells: Alcaraz teen Skinner in halfeindronde
Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, kom in die Indian Wells se halfeindronde teen die Italianer, Jannik Sinner, te staan. Die Spanjaard het Alexander Zverev van Duitsland met 6-3 en 6-1 afgeransel. Die Australiese Ope-kampioen, Sinner, het sy segetog tot 19 uitgebrei toe hy Jiri Lehecka van die Tsjeggiese Republiek met 6-3 en 6-3 geklop het om die tweede agtereenvolgende jaar onder die laaste vier te eindig. Sinner sê hy het vanjaar baie meer selfvertroue in aanloop tot die halfeindronde: